Skrefie in skrifte werk tans aan leesstof vir kinders wat ons hier verkoop in verskillende vorms: digitaal as e-boeke, klank bane, toepe en ook as gedrukte boekies.
Ander produkte wat by ons visie in pas is welkom om ook gelys en verkoop te word. Kontak ons gerus indien u ‘n produk hier wil verkoop of bekendstel.
Skrefie in skrifte was gevorm as ‘n opvoedkundige afdeling van Quasistellar Game Development in 2013, deur Dewald en Chimoné Bodenstein en Chris van der Merwe. Die Bodensteins het intussen twee seuntjies ryker geword en goeie Afrikaanse opvoeding van die 2 is nou ‘n groot fokus van elke dag.

Ons glo Jesus Christus is die Woord van God en moet die fokus wees van opvoeding. Daarom vorm Christelike waardes en lesse ‘n groot deel van ons produkte.
Ons eerste opvoedkundige toep, Alfabet Letter Natuur: Vlak 1 was beskikbaar gestel in 2014. ‘n Afrikaanse speletjie, Reuben die boer, is ook beskikbaar en word nog gereeld opgedateer (nog nie volledig nie).