Description
Hier is aktiwiteit/speletjie idees met hierdie kaartjies wat jy self uit druk. 2 Stelle kan gedruk word om sekere speletjies gesamentlik te speel soos SNAP.
Die kategorieë kaarte:
- Syfers – 1 tot 10
- Woorde – meeste bevat twee stelle woorde vir dieselfde gebod/groep
- Prentjies – vir elke gebod is daar een en vir gegroepeerde gebooie is daar twee per groep, plus een ekstra prentjie kaart (‘…lief hê met jou hele hart, hele siel, al jou krag’ – prentjie kaartjie ).
Speletjies:
1) Nadat daar gelees en gesels was al oor die 10 gebooie, gebruik die kaarte om visueel elke gebod aan te toon. Meng die kaarte, trek ‘n kaart:
- as dit ‘n prentjie-kaart is, noem watter gebod dit is en/of hoeveelste een.
- As dit ‘n syfer-kaart is, noem watter gebod dit is in sy woorde.
- Behou die kaarte wat jy reg het, sit terug en meng wat jy nie reg het.
2) Pas bymekaar (kaarte met gesig na bo uitgepak):
- gebruik die prentjie- en die syfer-kaarte,
- gebruik syfer- en woorde-kaarte,
- gebruik prentjie- en woorde-kaarte
- gebruik woorde- en prentjie- en syfer-kaarte alles deurmekaar
- laat die ‘gegroepeerde’-kaarte uit en ander keer sit jy dit by.
- Pak dit in kolomme, reguit rye, ‘n ander vorm of deurmekaar
3) Geheue oefen speletjie (prentjie- en syfer-kaarte):
- (gebruik die woorde as ‘n uitdaging). Alle kaarte is onderstebo uitgepak in ‘n patroon soos ‘n vierkant, reghoek of sirkel of net bont. Draai enige twee kaarte gelyk om en as hulle pas, wen jy die kaarte uit die baan. Indien hulle nie pas, draai hulle weer om net waar hulle is en draai ander twee kaarte om.
4) Snap (met die syfers en prentjie kaarte, sonder die woorde-kaarte uit):
- print twee stelle en speel vooraf besluit wat as SNAP sal geldig wees. Bv. Met Twee stelle kaarte is SNAP net op presies dieselfde kaarte, syfer op syfer en prentjie op prentjie. Of syfer op sy gepaste prentjie geld as ‘n SNAP. Spelers moet voor die spel besluit.
5) Vang vis / Rummy
- Dieselfde reels waarmee Rummy of Visvang gespeel word, kan vir hierdie kaarte gebruik word. Jy nodig 3 om ‘n pakkie te maak. Elke gebod word voorgestel in ‘n syfer, ‘n prentjie en 1 of 2 stelle woorde kaartjies. Net een gegroepeerde-gebooie kaartjies wat prentjies is tel as ‘joker’ kaarte, dit is die twee kaartjies wat éen hand is met ‘n nommer 1 of 2 langs een gegraveerde klip.
Bybel Verwysings:
- Eksodus 20:1-17
- Matteus 5:17-48
- Lukas 6:31, Matteus 7:12
- Deuteronomium 6:4-5
Kopie-reg: Hierdie inhoud en tekeninge is deur Chimone Bodenstein saamgestel vir opvoedkundige doeleindes. Deel dit met respek en terugverwysing na die weblad skrefie.co.za. November 2023.




Reviews
There are no reviews yet.