Skrefie in die Skrif #1

Die Woord van God is die belangrikste geskrif wat bestaan. Ongelukkig is nie almal daarvan oortuig nie. Maar die wat dit weet, ervaar die vrug daarvan. Ek wil met julle nog ‘n manier deel van hoe die Woord vir ons tot vrug is, elke dag.

Ons het so paar jaar terug geleer om declarations te doen. Dit is om ‘n belofte uit die Woord te vat en dit persoonlik te maak en dan oor jou situasie, of jouself, uit te spreek, hardop. Soos bv: “deur Sy wonde is Ek genees” (1 Peter 2:24). Wanneer jy die gevoel kry van een of ander simptome, dan spreek jy dit hardop oor jouself uit, sonder twyfel (Jakobus 1:6). Onderwerp jou onder God se gesag, staan op Sy Woord, verwerp die gevoelens en dit sal wyk (Jakobus 4:7).

Aan die begin van lockdown het ek Psalm 91 gememoriseer en toe besef dat Dawid self ook declarations gedoen het! Kyk hier na:

Want U, Here, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak.

Psalm 91:9

Kan jy sien hoe hy met homself praat, asof hy dit oor homself uitspreek. Nou, dis presies wat ons moet doen!

Die normale idee is ongelukkig dat ons die Woord lees en dink dit is alles net outomaties op ons van toepassing, maar dan vra ons hoekom gebeur die en daai met gelowiges… begin dit oor jouself en jou situasie uitspreek, hard op (die mag van die tong, Spreuke 18:21), en jy sal die vrug daarvan sien.

Onthou, dit begin by die wat in God glo, en Hom soek, en glo dat Hy ‘n beloner is van die wat Hom soek (Hebreërs 11:6).

About the Author

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may also like these

No Related Post