Wat jou hande vind om te doen…
Deursoek jouself, daar’s iets binne jou wat maklik kom as jy goed voel, sleg voel, of geïnspireer word, die manier hoe jou siel uiting kry vir jou gees, soos Happy Feet uitvind syne was voete wat dans en nie ‘n stem wat sing nie. Die manier hoe jy jouself kreatief uitdruk, wat jou siel verfris, noem dit ‘n hobbie, of ‘n vervullende werk. So is skryf ‘n manier waardeur ek my uitdruk in die lewe en wat weer in my siel terug ploeg.
God sit dit in my dat ek gereed maak om te deel, aan enige een wat uit vra, wat soeke is; en ek vind ‘n platvorm by die wat ‘n oor het om te hoor. Ek deel my handewerk, wat ek leer, en hoe ek my kinders weer leer. Dit deel ek soos ek gelei voel aan christene en jong families. Of dit nou in dig is, of stories, of speletjies maak, of ‘n boek saam sit of selfs net ‘n blog skryf. Dit mag dalk net vir jou baat, as ‘n nodige stukkie voedsel, ‘n aanvulling, of ‘n lekker soet idee, of ‘n aansteker vir jou eie resep om vlam te vat. Met enige van my deel stukkies hoop ek dit vir jou kan wees soos reëndruppels water, soos dou wat vloei op die grasspruitjies, soos reën op die plante, om te verkondig dat God se werk volkome is, al Sy weë is reg, Hy is ‘n God van trou en sonder onreg (Deut.32:4). Ek hoop dit jou sal inspireer om verder te soek na God se volle waarheid, aan te moedig in jou persoonlike oorgawe met jou Skepper, om jou eie godgegewe doel uit te leef vir Hom. Graag deel ek kennis met jou oor die waarhede in die lewe, met die hoop dat dit jou sal verryk, bekragtig en bemoedig in jou eie lewenswandel.
Jy moet krag uitsit om krag te kry. Enige iets van waarde vat meoite. Twyfel vrae ontmoet dan ook ons ore. Is dit dan die moeite werd as die terugvoer nie veel is nie? Bewonder sulke vrae by die Here. Bepaal mense se beoordeling van my handewerk of daar ‘n plek of ‘n platvorm is vir wat ek kan bydra tot die samelewing? Wie bepaal die waarde van wat my hande vind om te doen? Apathy is ook ongehoorsaamheid.
Ons almal het ‘n plekkie, ‘n doel, in en om ons familie en vriende kringe; begin by jou eie salwing, daar waar jy geplant is. Dit is wat ek nou doen om te fokus op my prioriteite en doen wat my hande vind om te doen, terwyl ons in afwagting op ons Jesus se wederkoms wag. Ek soek nie mense se aanvaarding of goedkeuring nie. Ek nodig wel positiewe kritiek om in hierdie journey te kan leer en groei. Ek vra en verwelkom terugvoer, want ek wil graag en sal beslis daaruit kan leer, en ondersteuning kry. Ek lees en kry raad by kenners, en goeie voorstelle selfs by vreemdes. Mens leer oorals, soos jy aangaan met uitdagings, met val en foute maak en van terugvoer by ander. Net soos daar geen handleiding is om ouer te wees en lewende mensies groot te maak nie, maar jy is dit aangestel en kry confidence soos die tyd aangaan in praktyk. Hier sit ek met ‘n bediening gebore. ‘n Opwindende reis. Het jy jou bediening al gevind?
God is die begin en die einde van lewe en alles daar binne in en buite om. God is hier teenwoordig. Baie Persoonlik. Maar Hy het homself in pragtige kleurvolle spreuke weggesteek, diep in die mensdom se hartklop en asem (seperated only by sin). Die Goeie Nuus: ons kan hier oop aarde die goeie lewe begin kry (reconciled to God), maar dit behels ‘n verhouding van oorgawe (trou) met Jesus. Soos ‘n skat is die koninkryk van God versteek van die wêreld, binne in die wêreld. Hy sal Homself laat vind, deur dié wat soek. Hy sal antwoord gee, aan dié wat vra. Hy maak oop, vir dié wat klop. Mag jy klop, soek en vra…Hom vind waar jy is…jou persoonlike roeping ontdek en/of be-oefen, in gelit met Hom en dit sal jou siel weer voed.