Ons produkte

Ons vind daar is ‘n behoefte aan goeie Bybel en Christenskap gefokusde Afrikaanse bronne wat kan voldoen aan ons vereistes en ideale vir ons kinders. Omdat ek self dit geniet om te skryf en my kinders aanvullend te skool, het dit net natuurlik gekom dat ons produkte maak wat aan die vereistes voldoen.

In verband met skool leer glo ek nie daar is net een produk wat voldoende is nie. Gewoonlik is meer as een bron gesamentlik nuttig tot die onderrig van verskeie velde en vakke. Party pas by sekere ideale en ander pas weer by sekere leer patrone, ens. Dit is juis daarom dat ons produkte nie ‘n kurrikulum sal word nie. Dit bly net ‘n aanvulling en ondersteuning van ons ideale vir opvoeding wat ander ook kan by baat.

Vlieg en sweef met klanke is ons eerste stel rympies wat ek saam gesit het vir my eie kinders se opvoeding in klankleer, met bedoeling van voorlesing as stap een. Dit kan ‘n alternatiewe lees bron vir kleintjies wees wat lees oefen of net vir ouers wat hulle kinders se klank uitspraak wil oefen met tong ritmes en knopers. Soos hierdie een wat my jongste gehelp het sy ‘rrr’ uitspraak oefen:

Vlieg en sweef met klanke Stel 1 uittreksel

Neem kennis: die r klank is nie die eerste klank nie.

Dit is nie ‘n volledige bron van lees vir klankleer nie, net aanvullend en inspirerend. My rym gediggies bevat meestal ‘n element van diepte, wat bedoel is om kind en ouer verder te laat dink en vrae te laat vra en ook dan deur gesprekvoering meer te leer. Daarom dat ek dit gebruik oor ‘n ouderdoms tydperk, van voorskools tot dieper in laerskool, met herhaling oor en oor. Dit is bedoel om denke deur nagedagtenis te lei na skriftuurlike waarhede of lewens begrippe.

Vlieg en sweef met klanke Stel 1 uittreksel

Die pas bymekaar aktiwiteit is juis bedoel om die gesprekvoering en skattejag na kennis aan te moedig, sodat ouer en kind ‘n kwaliteit tyd in boeke lees en leer, en veral die Bybel, kan geniet.

Ons leer vlieg en sweef illustrasie voorbeeld

Ons leer vlieg en sweef is my tweede stel rympies wat ek tans bymekaar sit spesifiek vir peuters en kleuters, en ouers. Dit sluit ons rympies in wat deels of geheel net so gebruik is terwyl ons ons lewens roetines doen. Deels, omdat dit, soos nodig is, tog maar variasies kry, en met ouderdom so bietjie aangepas word. Dit word deel van die blydskap en voorreg om hulle in hierdie mees belangrikste grootword vase te sien ontwikkel.

Ons leer vlieg en sweef illustrasie voorbeeld

Dit is nie ‘n lees boek nie, maar ‘n hulpbron, om gebruik te word net soos mens hierdie vase een stukkie op ‘n slag moet leef en waardeer vir wat dit is. My hoop is dat dit ‘n nuwe mamma bemoedig en mag inspireer tot haar eie kreatiwiteit om rympies uit te dink vir die vreugdes, uitdagings en behoeftes wat hulle self ervaar in hierdie 7 jaar grondslag vase van ontwikkeling. Dit is ‘n kort aantal jare in hulle lewe en die moeite werd om jou alles en beste vir hulle te gee. Ek is ook besig om te eksperimenteer om hierdie rympies te vertaal na Engels.

‘n Derde stel rympies, Vlieg en Sweef be-sin-tye, is ook in die pyplyn. Hierdie stel rym gediggies is vir kinders saam ouers om ‘n stap nader aan dieper gedigte bloot gestel te word. Ek lees dit aan my jonges as voorlesing, en beplan om dit in hulle literatuur leer van poësie te gebruik. Dit is die opvolger van Vlieg en Sweef met klanke.

Die ontwikkeling en publikasie van ons produkte het eintlik begin met stories vir ons kinders. Daar is tans twee waarvan die eerste een besig is om geset te word. Hier is ‘n uittreksel van Die aand partytjie.

Party woorde is verplaas met prentjies vir ‘n prettige interaktiewe lees tussen ouer en kind. Hierdie storie boek gaan in Afrikaans gedruk word, sowel as in Engels onder die titel “The evening party”. Ons is baie opgewonde dat sy publikasie om die draai is. Ek is ook besig om aktiwiteite in hierdie boek se tema te ontwikkel. Hou hierdie spasie dop.

Dewald het ‘n toep, Reuben die boer, vir ons seuns gemaak as ‘n alternatiewe speletjie wat skoon is, gratis en sonder advertensies vir Android fone (sien hier). Hy is ook nog besig om dit verder te ontwikkel. Die heel eerste toep wat ons gepubliseer het, Alfabet letter natuur vlak 1, was gemaak nog voor ons kinders ‘n gedagte was, onder leiding van ‘n graad 1 onderwyser. Dit is waar skrefie in skrifte so te se begin het (meer oor ons) en die is ook gratis beskikbaar sonder advertensies vir Android fone (sien hier). Verder het ons ‘n boek en ‘n toep in beplanning om families te leer aangaande veilige interaksies met troeteldiere, aangesien ongelukke maklik gebeur.

Gereeld stel ons nuwe aktiwiteite op met Bybelse temas en stel dit ook beskikbaar hier op ons webtuiste. Sien hier wat al beskikbaar is en kyk uit vir die gratis aktiwiteite.

Ek het so baie idees bymekaar vir volgende boeke wat op my hart is om vir my kinders te maak. Boeke wat lewensvaardighede leer, emosionele intelligensie, morele waardes volgens die Bybel se opdrag en meer. Teken gerus in vir ons nuusbrief om in kennis gestel te word van nuwe posts en gratis bronne. Neem asb. vrymoedigheid om kommentaar te lewer.

About the Author

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may also like these