Die nuwe ding is nou!!

Chimoné Bodenstein 2020

Die kat is uit die mou!
Die voël is uit sy kou!
‘n Nuwe koninkryk word gebou,
na die Hemelvaart blou.
Want God bly aan Sy plan getrou!

Sy vrede kan ons vertrou!
Met soveel vryheid en lig,
en deur vuur gesout,
staan Sy volgelinge geanker soos ‘n woud!
Die lewe is in my en jou!
Aan dit moet ons vasklou!
Kies dat núwe lewe heers nou!

Vertel die evangelie aan almal wat wou,
voor die hemele soos ‘n boekrol toevou!
Laat ons woorde wees soos die dou.
Wees wakker, wees paraat…
Sy nuwe ding deur Jesus was en is NOU!

About the Author

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may also like these