Van waar tot voorwaarts

Onthou jy al die goeie,
Die vrolike en mooie?
En elkeen van die suksesse behaal….
En elke keer wat Sy liefde vir jou straal;
Onthou dit als sodat jou hart nie vervaal,
Herbedink dit om met tye jou hart op te beur,
Gebruik Sy beloftes om die lewe mee te geur;
Onthou die dae van jonk se speel en lag terdeë,
Die genot van dans, sing en gee;
Die sukses uit werk, beloning en goeie wee;
Al die gebede verhoord,
Juis in die tye van grootste nood;



Ons feesvier ‘n jaar om (?) te wees,
soos dit elke jaar is, ‘n unieke fees;
ouer is nie slegter, dis ‘n stappie verder,
hardloop sterker na die volgende wedren merker,
want groei is ‘n sukses, en volwassenheid die skat se kus,
Soek dit na jou bes, dan vind jy heerlikheid, lewe, rus;
hemelse skatte is die lewe se wins,
onderwerp jou aan Hom en Hy wys jou die kuns;
vra na Hom aanhoudend getrou,
Hy beloon dié wat aan Hom vasklou.
Spreuke 3, net vir jou

Soos ‘n nuwe fase, ‘n nuwe dag, ‘n nuwe jaar,
Is Sy Gees in jou opnuut verwek
“ ‘n Nuwe dekade, hier kom ek”

About the Author

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may also like these