Met grootword is daar een of ander vleeslike realiteit wat aan ons geloof geestelik knaag. Maar God het ook maniere voorsien wat genadiglik ons kan help op ons geloofspad…dit is kinders. Wonderbaarlik werk die Here deur hulle in soveel maniere, selfs wanneer jy nie eers aan hulle geloof sou probeer bou nie. Net soos wat kinders by ons leer, kan ons ook iets by hulle leer. Terwyl ons tyd bestee om hulle van die Enige God te leer, saai en skaaf die Waarheid aan ons eie geloof.
en gesê: “Amen, Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie.
Matt. 18:3
Met die belofte wat ons voor God gemaak het om ons kinders groot te maak volgens Sy Woord en om Sy raad ook aan te vat volgens Deuteronomium en Spreuke, is ons krities op die soeke en uitkyk vir voorraad in ons moedertaal wat daarvolgens voldoen.
Luister, Israel, die Here is ons God, die Here alleen. Jy moet die Here jou God met hart en siel liefhê en met al jou krag. En hierdie woorde wat ek vandag vir jou voorskryf, moet jy op die hart dra. Herhaal dit vir jou kinders en praat met hulle daaroor wanneer jy in jou huis sit en wanneer jy op pad is, wanneer jy gaan lê en wanneer jy opstaan. Bind dit as ‘n teken om jou hand en laat dit ‘n versiering op jou voorkop wees. Skryf dit op die deurkosyne van jou huis en op jou stadspoorte.
Deuteronomium 6:4-9 AFR20
Rig die jongmens af ooreenkomstig die pad wat hy moet loop; selfs wanneer hy oud geword het, sal hy nie daarvan afwyk nie.
Spreuke 22:6
Ons glo in ouderdom gepaste voorraad soos videos, musiek, selfs stories en boeke, en kies intensioneel wat ons kinders na luister en kyk, want ons is self versigtig na wat ons self toelaat om in ons harte gesaai te word (“be careful little eyes what you see”?).
Sonskynwoud se produkte deel juis ons doel om ons kinders se harte te wen vir Jesus deur Christelike opvoedkundige materiaal. Dit is mos absoluut antwoord op gebed! Omdat ons kinders ‘n groot stel sagte poppe van hulle eie besit, het hulle lekker vereenselwig met Sonskynwoud se sagtepoppe-poppespel. Hulle het die stories en liedere baie geniet en dit vinnig aangeleer, juis wat ons as Christen ouers in hulle harte wil kweek.
Kinder en ouer harte is ‘n sendingveld en Sonskynwoud se visie is om die Woord van God by kinders te bring, so ver as moontlik die wêreld in, dat hulle dit in hulle harte kan bêre. So kan klein harte bereik word met Jesus, terwyl hulle so maklik die lig uitstraal weer na ouer harte. Hierdie kinderbediening het ‘n paar baie bekostigbare voorraad (sien die skakels hieronder). Alhoewel net in Afrikaans, maar dit werk ook vir Afrikaans as tweede taal. Hoekom nie ook so dit nog verder versprei. Daar is geen beter manier om ‘n taal aan te leer as deur luister en luister-kyk! En dit dan met die enige waarheid.
Brettian platemaatskappy, wat hulle tot dusver gehelp het met produksie, het ongelukkig onlangs tot niet gegaan. In hierdie nuwe fase wat Sonskynwoud hulself bevind, benodig hulle nuwe ondersteuning om meer van hul produkte te kan produseer en hulle bediening voort kan gaan om kinder harte met Jesus te bereik. Met nuwe planne wat moet voortgaan, benodig hulle geloof in aksie en ondersteuning deur Gebed, ‘n Produksie span, Musiek studio, Opname studio, Finansiële beleggers, Bemarkers, En ‘n organiseerder vir ‘n daaglikse gebed.
Die nuwe fase behels ook opwindende geleenthede vir meer kinders om deel te kan neem aan die nuwe reekse! As julle wil hê julle kinders genooi word om deel te neem aan die liedjies vir die produksie, kontak Ronéll en sluit aan by haar Whatsapp groep. Hulle gaan ook ‘n Sonskynwoud kinder klub begin waaraan kinders kan deel wees van die stories en liedjies. En dalk nog ‘n Digitale Radiostasie vir ouers en kinders?
As jy self deel wil wees of met kontakte kan help, maak kontak met Ronéll deur e Pos: sonskynwoud@gmail.com of selfoon: 083 549 2753.
Om met mekaar te deel wat die Here in ons harte sit is ‘n manier hoe die liggaam van Christus mekaar ondersteun in die verantwoordelike pad wat ons stap. Gaan besoek hulle webtuiste gerus en ondersteun hulle handewerk wat ewige waarde in ons kinders kan saai, terwyl dit ons eie harte ook terugbring na die eenvoud van kinder-geloof!
Sonskynwoud: http://sonskynwoud.co.za/