Vlieg en sweef met klanke Stel 1 Vordering

Vlieg en sweef met klanke Stel 1 is ons eerste rym gediggie boekie vir kinders! Geskryf deur Chimoné en geïllustreer deur Marili Prinsloo en Ronald Kew.

Wat het rym gedigte en skattejag met mekaar te doen? Vind hier binne uit!

In hierdie 12 rym gediggies, gegeur deur die Bybel, is sommige eenvoudig, ander weer simbolies of allegories. Lees dit saam in die gesin vir kinders of saam ‘n maat. Gesels oor die betekenisse, speel met rym en klanke of oefen nog poësie. Geniet ook ‘n PAS BYMEKAAR soektog met Bybel verse!

Agterblad opsomming

Die skryf werk het iewers in 2019 begin. In 2020, met die “grendel” tydperk, het ons die illustrasie werk aangepak. Na Dewald self ‘n paar konsepte probeer het, het ons besluit om Marili te nader vir meer professionele werk. Sy het vir Ronald, doer uit Malta, ook betrek en hulle het saam spoedige werk gemaak van ongeveer 30 illustrasies. Dit het pragtig uitgekom en vul die gediggies perfek aan!

Ons vordering: Illustrasies is gereed. Set werk is klaar. Druk werk kwotasies is ontvang en ‘n drukker gekies. ISBN nommers ontvang. Verkoop prys is vasgestel. eBoek is gereed. Geld vir die druk werk van die sagteband is nodig… nee, was… 

Met baie opgewondenheid kon ons die eerste paar sagteband boekies se druk werk laat begin weens donasies wat ons ontvang het! Die eerste boekies behoort beskikbaar te wees van die 17de Augustus – ons beplande publikasie datum.

Vooraf bestellings, of Pre-orders, van die sagteband is nou oop, hier op ons webwerf. Kry so bietjie afslag as u bestel voor die 17de Augustus!

About the Author

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may also like these